Die Ruimteskip beland met ‘n harde slag op planeet Aarde. Watse plek is die Aarde en wie woon almal hier? RATi leer vir Litta en Numi van verskillende liggaamsdele en wat elkeen doen.

   

Litta en Numi sien hoe die aarde se skole werk. Dan besoek hulle ‘n winkel want Numi wil eendag ‘n sakeman word. Rati leer hulle ook van die groot vyf wat op Suid-Afrika se geldnote is.

Noudat Litta en Numi die “groot vyf” ken, wonder hulle of daar nog ander diere ook op die aarde is. Rati vertel van Wilde diere, Mak diere en Troeteldiere - waar hulle bly en wat hulle eet.

Die Ruimteskip se waterpyp het gebars en nou wil hulle alles van water af weet. Rati leer hulle met ‘n slim liedjie hoekom dit reën en dat mens water op verskillende maniere kan bêre.

Dis Numi se groot droom om eendag die ruimteskip te bestuur. Rati leer hulle van die vier tipes vervoermiddels wat jy kry. Hulle tel wiele en sien hoe die vinnigste trein in Suid-Afrika ry!

Numi het sy bal in ‘n boom in geskop – en nou’s hy kwaad vir die boom wat sy bal gesteel het. Rati leer hulle dat bome belangrik is en dat mens die hout van ‘n boom se stam vir baie goed kan gebruik.

 

   

 

 

Litta en Numi hou ‘n piekniek. Rati leer hulle van die 5 kosfamilies en speel ‘n liedjie-speletjie om die name te onthou. Rati wys ook hoe die melk van ‘n koei se spene op die winkelrak beland.